skip to Main Content

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) is die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is. Die BCVO lewer verskeie dienste aan CVO skole soos studiemateriaal, professionele advies en gekoördineerde sport- en kultuurgeleenthede op streek- en nasionale vlak.

Wyding in Boereblok met 20ste verjaardag van skool 2012

Christelik

Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal weerspieël wat in CVO skole gebruik word.

Christelik

Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal weerspieël wat in CVO skole gebruik word.

Kultuur

Ons glo dat die Vader die volkere-verskeidenheid daargestel het. Christen gelowige mense laat niks aan die toevalligheid oor nie. So ook vir ons as volk. Ons volk het in die besonder beslag gekry deur sy kultuureie en eie geskiedenis. In die geskiedenis was die Gereformeerde geloftes bepalende momente nl. dié van Jan van Riebeeck op 6 April 1652, Bloedrivier 16 Desember 1838 en Paardekraal 1880 wat die Eerste Vryheidsoorlog voorafgegaan het.

Lees meer
Ons volk word ook onderskei deur ons eie moedertaal Afrikaans en sy kultuurprestasies op die terrein van kuns, wetenskap en tegnologie. Die handhawing en uitlewing van ons kultuureie en eie identiteit is vir ons kosbaar. Ons glo dat erkenning aan volkere verskeidenheid bydrae tot wedersydse respek vir mekaar.

Ons neem ouers aan as lede wat hierdie Christelik-kultuur oortuiging deel en lidmate is van kerke waar hierdie drie formuliere die belydenis – grondslag is. Lidmaatskap is onderhewig aan keuring.

1
onderwys2

Onderwys

Die aard van ons onderwys onderskei ons van ander skole. Ons sillabusse het ons eie verrykte inhoud. Onderrig is, behalwe dat dit streef na uitnemendheid op verskillende vlakke, gefokus op CVO waardes, kennis, insig en vaardighede wat nodig is vir ons kinders om die uitdagings wat die toekoms van hulle mag eis aan te voldoen.

Lees meer
Ons is tans besig met die ontwerp van ‘n stelsel waarin ons steeds, soos in die verlede, vir elke leerling die geleentheid wil gee om die beste te maak van die talente wat die Vader aan hom/haar gegee het. Daarom is ons besig (met hulp uit die geledere van Afrikaanse universiteite) om ons kurrikulum op te stel dat ons leerlinge só toegerus sal word dat oorbruggingskursusse nie nodig sal wees nie. Ons vestig ook ons aandag op geleenthede vir besonder begaafde leerlinge en waar moontlik diegene wat verkies om ‘n spesiale rigting bv. tegnies of landbou te volg.

Kom kuier gerus by ons.

Back To Top