Nuusflits 5 van 2017

Jeuguitruil na Duitsland Junie 2017
Op versoek van ouers het BCVO begin om ‘n jeuguitruilprogram na Duitsland te ondersoek. Die doel met so ‘n program is om belangstellende gesinne en hulle kinders blootstelling te gee aan ‘n verrykende kulturele en intellektuele uitruilpropgram. Daar was besluit om die  uitruilprogram te doen deur ‘n gevestigde organisasie met goeie ervaring in hierdie verband, naamlik ‘Friends of South Africa’ of FSA (Freundeskreis für Südafrika).
 
Ses van ons graad 10 en graad 11 leerlinge het aansoek gedoen uit 75 aansoeke landwyd. Die keuringsproses is streng en leerlinge moet vooraf deelneem aan verskeie opdragte om hul geskiktheid te toets. Die goeie nuus is al ses leerlinge is gekeur en gaan die Junie vakansie na Duitsland om daar saam met ‘n Duitse gesin te woon en skool te gaan. Twee van ons CVO leerlinge het saam tweede plekke behaal uit die 75 aansoekers landwyd. Ons hartlike gelukwense aan die volgende leerlinge:
Naam
Van
Doopname
Gr
Skool
Dorp
Nasionaal
Marna
Ernst
Margaretha Susanna
11
Privaatskool Hoëveldrif vir CVO
Bethal
2
Carla
Lottering
Carla
10
CVO Vivo Skool
Vivo
2
Anelga
Steyn
Anelga
10
CVO Vivo Skool
Vivo
9
Marizane
Laufs
Marizane
11
CVO Skool Lichtenburg
Lichtenburg
37
Elsje
Smit
Elsje
10
CVO Gromar Privaat Skool
Groblersdal
52
Tersia-Mari
Eksteen
Tersia-Mari
10
CVO Gromar Privaat Skool
Groblersdal
53
 
BCVO is trots op al ses leerlinge en weet hulle sal ware ambassadeurs wees vir hulle gesinne, hul CVO Skole en Suid-Afrika. Hartlik geluk aan die ouers en skole van deelnemende leerlinge.
Vinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.x

Facebook Bladsy